Die Namibiese Handelforum het belanghebbendes gevra om te bie op navorsing in verband met vroue en jeug in akkerbou in die land. Die doel van die navorsing is om die effektiwiteit van toegang tot markte, sowel as bemarking na oeste ingebring is, te optimaliseer op voedselsekerheid te verbeter. Steven Barnard van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Landelike en Gemeenskapsontwikkeling is ons gas. Hy is ‘n kenner in akkerbou in veral kleiner gemeenskappe wat staatmaak op akkerbou vir voedselbronne. Hy gesels met ons oor wat die kernpunte van die navorsing moet wees...