Visepresident Lucia Witbooi sê vir Namibië beteken die Afrika Kontinentale Vryehandelooreenkoms, of AfCFTA, meer as net die uitvoer van rumateriaal. Dit gaan oor waardetoevoeging, het Witbooi by die Intra-Afrika-handelskou in Algiers, Algerië gesê. Namibië was vroeër vanjaar een van eerste lande om die AfCFTA te benuttig toe 45 000 ton sout na Nigerië uitgevoer is.