‘n Fantastiese nuwe webtuiste Namibia Farmers Online is tans beskikbaar vir beide produsente en verbruikers. Talle produkte is beskikbaar en dit is baie maklik om te bestel, selfs volgens die streek waarin jy woon. Die inisiatief bring verligting aan boere omdat dit ‘n beter prys vir landbouprodukte bied en boere direk met verbruikers verbind. Mia Koster, die stigter van die webtuiste is ons gas.