Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in misdaadgeteisterde gebiede in Johannesburg ontplooi, waar hulle huise in Westbury, Eldoradopark en Riverlea gepatrolleer en deursoek het. Dit is deel van die nasionale ingryping wat president Cyril Ramaphosa aangekondig het om die polisie in verskeie provinsies te ondersteun in die bekamping van georganiseerde misdaad en onwettige mynsindikate. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die lede het gereedheidsopleiding ondergaan: