GeldGeheime

Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar? [Episode 4]


Listen Later

Om te spaar vir aftrede wanneer jy nie meer kan werk nie is noodsaaklik en dit bly die meeste mense se heel belangrikste beleggingsdoelwit. Weet jy hoeveel geld jy vir aftrede moet spaar?

Jou lewensverwagting word al hoe langer en dit beteken jy moet genoeg geld spaar om jou vir die res van jou lewe te dra. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter. Jy moet deurlopend spaar en heelwat meer wegsit as wat jy mag dink.

·       Min mense kan dit bekostig om af te tree.

·       Die outydse gedagte van aftrede kom uit die 19de eeu.

·       Lewensverwagting word al langer en mense leef tot ouer as 100.

·       Die R4,000 per miljoen onttrekkingsriglyn om jou geld te laat hou.

·       Hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter is jy daaraan toe.

·       Moenie geld van ʼn oumens af steel nie.

·       Maak gebruik van belastingvriendelike beleggingstrukture om vir aftrede te spaar.

·       Stap hierdie uitdagende pad saam met ʼn kundige en betroubare adviseur.


Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.

MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

GeldGeheimeBy Voelgoed Media