Jesus se aanspraak dat Hy die ware wingerdstok is, word dalk die beste opgesom met die woorde van Joh 15:5 as Hy sê: “Sonder My kan julle niks doen nie!”
Dit is ons volledige afhanklikheid van Jesus wat lewe en vrug en liefde en gehoorsaamheid moontlik maak – nie ons eie pogings nie. Daarom moet ons in Hom bly – v 4-5.