Vir ouers van tieners is daar sekerlik min dinge so moeilik om te hanteer soos die eerste liefdesverhouding, veral wanneer jy nie saamstem met jou tiener se keuse nie. Hoe kan ouers die onderwerp aanraak sonder om ‘n oorlog in die huishouding te veroorsaak, en om seker te wees dat jou tiener die implikasies van hulle keuse verstaan?