Sukkel jy om aan te beweeg ná jou laaste liefdesverhouding of egskeiding? Vang jy jouself dat jy heeltyd na die persoon se sosiale media kyk, of probeer jy aan maniere dink om die persoon raak te loop? Obsessiewe gedrag kan maklik 'n gewoonte raak as 'n persoon nie verstaan hoekom hulle so voel nie. Lise Swart kyk na liefdesverslawing, en hoe dit iemand se lewe kan oorneem.