Pica, ‘n diagnose wat onder eetversteurings val, is wanneer ‘n persoon iets gereeld eet, of wil eet wat nie as ‘n kossoort gekategoriseer kan word nie. Dit sluit in glas, papier, hare, lemmetjies, grond en klei. Hoekom sou mense sulke vreemde goed wou eet? Is daar suksesvolle behandeling vir Pica?