Die meeste mense assosieer psigometrika met skoolkinders en vakkeuses, maar hierdie toetse kan soveel meer vir mense beteken. Mense besef nie altyd daar is toetse wat jou kan help om geluk in jou beroep te vind, of om ‘n beroep te vind waar jy gelukkig sal wees. Psigometrika kan jou ook help om geluk te vind in jou verhoudings, nie net liefdesverhoudings nie. Jy kan uitvind wie jy is, hoe jy is en hoe die wêreld jou ervaar. Die inligting wat tot jou beskikking is, is oneindig Lise Swart praat met dr. Kincaid Kotzé oor hoe psigometrika jou lewensgeluk kan beïnvloed.