Tot onlangs het die samelewing mans en pa’s hanteer as minderwaardig teenoor die ma-figuur. Die menslike wetenskap het baie navorsing om te bewys watter kardinale rol ‘n pa-figuur in kind se lewe vervul. Heartline het ‘n bewusmakingsveldtog, Fathers Matter (pa’s maak saak!), waar hulle op verskeie platforms aan mans ondersteuning en inligting bied om ‘n betrokke pa te wees. ‘n Pa se rol kan die verskil maak in toekomstige volwassenes se hantering van emosies, aggressie, geweld en mishandeling.