Nageboorte-depressie affekteer ‘n geweldige groot aantal vroue, en interessant genoeg mans ook. Ons fokus was nog altyd op die ma se gemoed, maar navorsing wys ons hoe die siekte die baba lewenslank affekteer. Om hulp te kry vir nageboorte-depressie speel dus ‘n kardinale rol in ma, baba en gesin se welstand.