Isolasie, alleenheid en eensaamheid was al voor Covid-19 'n probleem, veral onder die ouer geslag. Die probleem is nou erger. Hoe kan ons ouer mense bystaan sonder om die reëls van inperking te breek? Wie moet die verantwoordelikheid neem vir hierdie eensaamheid (die individu of hul geliefdes), en hoe kan ons almal werk aan ons kommunikasie om meer uit gesprekke te kry as net die dag se besonderhede?