Herhalingsdwang is ‘n sielkundige verskynsel waarin ‘n persoon ‘n gebeurtenis, gedrag of gedagtes oor en oor herhaal, met die verwagting dat die uitkoms dalk sal verander. Ons breine is geprogrameer om sekere omstandighede te herhaal, om sin te maak daaruit. Maar hoe kan mens die mallemeule stop en ander gedrag toon, of die patroon verander?