Dr. Sulette Ferreira is al vir jare besig met navorsing oor emigrasie, en watter effek hierdie omstandighede het op die ouers wat agterbly in Suid-Afrika, veral wanneer daar kleinkinders betrokke is. Sy het onlangs ‘n gedig ontdek wat geskryf is deur Corne Kruger. Dit het het vir haar gevoel asof dit ‘n jaar se navorsing presies vasvang - die tasbare verlies wat grootouers ervaar wanneer hulle kleinkind weggaan.