As gevolg van al die inligting op die internet, is al hoe meer mense bewus van hoe hulle voel, dink en optree, maar wanneer moet jy vra vir hulp? Selfs met al die inligting is mense bang vir 'n sielkundige diagnose soos depressie of bipolêre versteuring, want hoe gaan dit hulle lewe affekteer? Lise Swart het meer gaan uitvind oor hoe sielkundige diagnoses gemaak word, en hoe hierdie proses dalk iemand se lewe aansienlik kan verbeter.