Volgens die DSM5 ervaar 5% van alle vroue maandeliks premenstrueel-disforiese steuring. Tog word daar aanvaar dat die persentasie baie hoër is, omdat die meeste vroue (en selfs dokters), nie eens bewus is van die diagnose nie. In die episode gaan daar gekyk word na die simptome, die sielkundige effek en die behandeling van hierdie onbekende dog lewensveranderende versteuring.