Vermoed jy jou kind is onnodig angstig oor die wêreld om hulle? Byvoorbeeld, wil hulle die hele tyd weet wat die volgende dag gaan gebeur, of móet hulle klere altyd reggesit wees, of is hulle te bang om skool toe te gaan? Angstigheid onder kinders is besig om wêreldwyd 'n probleem te word vir sowel ouers as kinders. Lise Swart vind uit hoe ouers 'n kind se angstigheid kan leer bestuur, en hoekom dit belangrik is.