Herstel jou eerste liefde vir Jesus - Ps Henri Wilson
OPENBARING 2:4 AFR53
[4] Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
Openbaring 2:4 DB
[4]
Maar daar is een ding wat My baie ongelukkig maak en wat Ek nie kan
oorsien nie. Julle is nie meer so lojaal en liefdevol teenoor My soos
julle eers was nie.
II TIMÓTHEÜS 3:1-5 AFR53
[1] MAAR weet
dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. [2] Want die mense
sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters,
trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar,
onheilig, [3] sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers,
bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, [4] verraaiers,
roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
[5] mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan
verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.