Doop en die betekenis daarvan
NB. Ek gebruik die Ou Vertaling. Soms haal ek nie die hele teks aan nie maar gebruik net die toepaslike gedeeltes. Ek begin ook nie n teks met n koppelwoord nie.
Die skrifte kan dus presies soos dit hier staan gewys word.
Ek waardeer elkeen in die span!
Heb. 10:22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
1 Pet. 1:2 …besprenkeling met die bloed van Jesus Christus …
Heb. 12:24 sê dat die bloed van Jesus van beter dinge spreek as die bloed van Abel.
Mat. 3:5,6 Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe. En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
:13-15 Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
:16,17 Nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
Rom. 6:3-6 Weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is…
:13 Moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Ons formulier: Jesus se laaste woorde:
Mat. 28:19,20 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Ons handeling – Petrus se eerste opdrag in Christus se nuwe kerk op Pinksterdag:
Han. 2:38 …Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes…
1 Joh. 5:8 daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.