Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.... more
FAQs about 100.5fm Nuus Klankgreep:How many episodes does 100.5fm Nuus Klankgreep have?The podcast currently has 167 episodes available.
March 06, 2025DA: Premier het geen planne, slegs leë beloftesDie Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more14minPlay
March 06, 2025Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het. Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die toneel herwin. Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more1minPlay
March 05, 2025Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die waarnemende polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die belangrikheid van vuurwapenbeheer beklemtoon in die lig van hul gebruik in geweldsmisdade. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more1minPlay
March 04, 2025WWIC rus vroue toeWomen Warriors in Christ (WWIC) gaan al 13 jaar van krag tot krag. Die stigter, Chanel Bezuidenhout, vertel wat hulle vir vanjaar beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more6minPlay
March 04, 2025KLCBT hou sake konferensieDie Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe internasionale politiek en kunsmatige intelligensie plaaslike ondernemings raak. Die Laeveld Sake Konferensie vind op 21 en 22 Mei plaas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more7minPlay
March 03, 2025NHS nou in A-bond van Super InterhoërHoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more8minPlay
February 28, 2025Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelikDie voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more17minPlay
February 28, 2025Pumas se SA Beker skop 7 Maart afDie Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af met hul SA Beker deelname wat op 7 Maart tuis teen die SWD Arende begin. Boonop vind die Stonehouse 10's op 22 Maart plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, en Chumani Booi, die amateurspanne se bestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more13minPlay
February 28, 2025Google et al gaan moet begin betaal vir SA nuusTegnologie reuse sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar SA nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed. Die Kompetisie Kommissie se senior analis Donnavan Linley verduidelik wat volgende gebeur. Stuur jou insette teen 7 April na [email protected]. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more11minPlay
February 24, 202550 jaar rekord staan steeds sterkVyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen. Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds. 100.5FM Radio Laeveld Nuus...more9minPlay
FAQs about 100.5fm Nuus Klankgreep:How many episodes does 100.5fm Nuus Klankgreep have?The podcast currently has 167 episodes available.