Hein Swart het 'n passie vir onderwys. Hy was onderwyser by die Danie Ackerman Primêre skool in Somerset-Wes. Die skool, wat onderrig aan kinders van 24 plakkerskampe in die omgewing verskaf, het 'n groot problem gehad waar van die skoolkinders deur motors raakgery word. Hein het saam met 'n EFF-lid gewerk met wie hy glad nie oor die weggekom het nie. Hy en Jonathan Brown het egter die grootste pelle geword nadat hulle saam baklei het om 'n voetgangerbrug goedgekeur en gebou te kry, wat sodoende die veiligheid van leerders verseker het. Hein het lank in Nigerë skoolgegee, en is tans in Mannenberg werksaam.