
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie episode van Alles Uniek deel Henriëte die storie agter ’n lied wat uit ’n persoonlike geloofsreis ontstaan het.
Sy gesels oor oop en toe deure, moeilike omstandighede, geloof en die keuses waarvoor ons soms staan.
’n Herinnering dat ons nie ons oë op die omstandighede moet hou nie, maar op Jesus Christus — ons hoop, ons waarheid en ons middelpunt.
Saam met Berader Este Marais van GuideMe Mental Wellness gesels ons oor geestesgesondheid, heelwording en persoonlike groei vanuit 'n Bybelse perspektief. Elke episode fokus op 'n nuwe onderwerp, bied praktiese insigte en gee jou ook die geleentheid om jou vrae in te stuur.
Ons vertrou dat hierdie reeks jou sal bemoedig, toerus en jou nader aan Jesus sal bring.
Uit die tema van identiteit, kom fokus Anita op die Oorwinning oor 'n weeskindmentaliteit
Rachel-Mari Ackermann deel met ons haar getuienis uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nie.
Wat 'n getuienis vol inspirasie en hoop!
Ons vat hande saam vir hierdie program met Audience of One Media en Koue Koffie Boeke.
Luister saam en word opnuut herhinner dat Jou storie ook net 'n komma het en God nog nie klaar is met Jou storie nie.
Christelle van Kinna's Clay gesels met ons oor die die belangrikste gebeurtenis waarvoor ons gereed moet wees.
Audience of One en Koue Koffie Boeke gesels meer oor beskikbare boeke.
'n Getuienis word ook gedeel deur skrywer en illustreerder, Rachel-Mari, uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nie
Luister saam en word geïnspireer om 'n boek aan te skaf en te begin lees.
Hier is stories van hoop wat sterk aanbeveel word.
Ons gesels met uitgewers, skrywers en boek verkopers.
Ons gesels met Elaine van Audience of One en leer meer oor waar Sy begin het in haar reis as uitgewer en skrywer. Haar getuienis gee soveel hoop.
Carla en Carmen van Koue Koffie Boeke vertel ons ook meer van hulle boekwinkel, waar hul fokus op kinderboeke en ons ook meer vertel waarom lees so belangrik is en die impak wat dit het op kinders.
Wat beteken dit wanneer die Here sê Hy is die Pottebakker en ons is die klei?
Christelle breek die detail van hierdie spesiale kunstegnieke oop, leer ons waarom dit Al jare vir ons geleer word en in die Woord so pertinent genoem word.
Luister saam waar ons die detail leer van Pottebakkery en begin sien wat God se Hart vir ons is. Soveel meer as wat ons besef.....
Joernaal van oorwinnaar bevat inhoud van mense Soos ek en jy, met goeie en slegte seisoene. Hoe hul daardeur gewerk het of steeds werk. Hul vertel van hul pad van oorwinning saam met die Here.
Hierdie Joernaal program is 'n plek waar ons onsself kan vereenselwig en ook onthou dat ons nie Alleen die pad stap nie.
From the publisher's feed
Ons gesels oor ons verhouding en groei met Jesus Christus. Ons stop gereeld hier, want dit is hier waar ons leer wat saak maak. Waaroor als regtig Gaan.
Mag elke potgooi God verteenwoordig,…
Ons gesels oor die Woord van God, ons bid saam en ons Worship saam. Ons gesels oor heel word, vol word en weer vol blydskap word.
Ons huidige programme sluit in:
🎙️Joernaal van 'n oorwinnaar
Verskeie aanbieders deel met ons hul eie unieke stories van oorwinning, waaruit jy in Jou daaglikse lewe kan baatvind en leer dat daar ook oorwinning vir jóú is.
🎙️Gevorm deur die Pottebakker
Stories uit die werkswinkel van 'n pottebakker, waar ons leer wat dit regtig beteken om gevorm te word deur die Ware Pottebakker. Feite wat Jou anders laat begin kyk na ons liefdevolle Vader. Christelle vertel vir ons in diepte meer oor die geheimenisse rondom pottebakkery. Fisiese en geestelik.
🎙️Alles Uniek Boekklub
Ons gesels met uitgewers, skrywers en verkopers oor die nuutste boeke of top-verkopers.
Inhoud van boeke, skrywers, stories en meer word bekend gestel.
Hier hoor ons nie net van fiksie tot ware verhale nie, maar leer ken die dieper stories agter elke skrywe.
Alles Uniek. Alles vir Jesus Christus.
Mattheus 6:33
Soek allereers die Koningkryk van God en Sy geregtigheid en Al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.