Blink goed maak jou nie gelukkig nie en beslis ook nie tevrede nie, want daar sal altyd iets blinkers wees as wat jy het. Iemand anders se blink sal altyd vir jou blinker lyk, maar eintlik is dit net die son van onvergenoegdheid wat daarop skyn.
Ons beginpunt moet nie wees wat ek wil bereik of wat ek nie het nie. Nee, my beginpunt moet wees dat ek besef dat God vir my sorg. Begin by tevredenheid en dan kan jy dit wat jy van God ontvang het, bewerk, verbeter, vermeerder, laat groei en bewaak, beskerm, versorg.