Die ekonomie minuut

Die ekonomie minuut

By Waldo KrugellBusiness
Download on the App Store

All Die ekonomie minuut episodes

  • Die repokoers bly onveranderd

    Die Monetêre Beleidskomitee het gistermiddag ʼn moeilike besluit gehad. Aan die een kant het Oktobermaand se inflasiesyfer skerp gestyg tot 5,2%, maar dit is steedshoofsaaklik brandstof. As mens geadministreerde pryse uit die prentjie laat, is dit nie duidelik daar daar tweede-rondte oorspoel van hoë brandstofpryse na ander pryse plaasvind nie. Dit lykk ook nie of inflasieverwagtinge al toegeneemhet nie.9 Aan die ander kant is alle aanduidings dat totale vraag plat is. Vir my is die treffende aanwyser kosverkope by Woolies wat afplat. Daardie is die verbruikers wat nog bietjie geld los gehad het wat begin besnoei.

    3 min
  • Wat het Vrydag met die Rand gebeur?

    Die rand-dollar wisselkoers was die afgelope jaar minder wisselvallig en van tyd-tot-tyd verbasend sterk. Maar Vrydag het die rand gebokspring en ek wonder sommer hardop wat sou dit verklaar.

    2 min
  • Munisipaliteite se to-do lys

    Suid-Afrika se hervormingsprogram het op papier werklik momentum. Die kragnetwerk word van Eskom geskei, en die hawens van Transnet. Maar die hervormings wat die versteagter is, het een ding in gemeen: hulle loop deur ons munisipaliteite.

    3 min
  • SA is uit AGOA

    Daar is al baie geskryf en gepraat oor Suid-Afrika se plek in AGOA, maar ons het gisteraand eindelik gehoor dat Suid-Afrika nie meer kwalifiseer vir die tariefkwytskelding onderdie Africa Growth and Opportunity Act nie. Die vraag is, wat beteken dit vir ons uitvoer na die VSA?

    2 min
  • Ekonomiese vooruitsigte

    Met die MTBPS agter die blad en ʼn bietjie brandstofheffing verligting om die draai kan ons kop op tel en kyk hoe dit met die ekonomie gaan. Ek het die afgelope week ʼn interessantemonetêre beleidsforum bygewoon en wil graag vertel hoe die Reserwebank dinge sien.

    3 min
  • Die mini-Begroting en lesse uit Frankryk

    Partykeer verstaan mens jou eie probleme beter as jy dit in ander kan raaksien. As jy more wonder hoekom die Minister van Finansies so baie klem lê op die staatskuld en fiskale konsolidasie, kom ons leer ʼn les in Frankryk.

    3 min
  • Die mini-Begroting en brandstof

    In Februarie maand se Begrotingsrede het die Minister gepraat van ʼn B scenario: ʼn oorlog, duurder olie en hoër rentekoerse. Teen Aprilmaand was dit die realiteit. Die Tesourie sê dat hulle wel hulle belastinginkomste-teikens haal en op koers is om ʼn primêre oorskot op die Begroting te hê, maar ons moet byvoeg die grond onder daardie syfers geskuif het. Gewone Suid-Afrikaners is minder bekommerd oor wat kredietgraderingsagentskappe dink en meer bekommerd oor die brandstofprys en inflasie.

    2 min
  • Ekonomiese groei in Sjina

    Sjina sê sy ekonomie het in die eerste helfte van 2026 met 4,7% gegroei. Maar die vreemde deel is waarop daardie groei kwansuis gebou is.

    3 min
  • Ekonomiese nuus opvang

    My vol program het die Minuut bietjie uitgeklop maar die laaste weke was daar net soveel ekonomiese nuus soos altyd. Luister hier om op te vang met inflasie, rentekoerse, en brandstofprys(verligting?).

    2 min
  • Fiskale konsolidasie

    Vandag se episode het sy oorsprong in ʼn deurlopende gesprek met Prof Raymond Parsons in die aanloop na die MTBPS in Oktober. Die goeie idees is syne.

    2 min