Ekonome hou vandag asem op vir die tweede kwartaal se BBP syfer. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,5% gegroei. Daarna het die brandstofprysskok en enkele repokoersverhoging verbruikers ʼn knou toegedien. Aanwysers soos aankopebestuurdersindekse, verbruikers- en sakevertroue is alles laer. Ekonome verwag ʼn goeikoers van 0,1 of 0,2% vir die tweede kwartaal.