Pizza, pasta, mandolin — vandag ontsnap ons na Rome en verloor onsself in die ewige stad saam met Almeri Solomon. Almeri se ervaring by Yuppiechef en Asics maak haar die perfekte toergids om die beste Parmigiana di melanzane te vind en die meeste treë in te kry in die romantiese Italiaanse hoofstad.
As jy lekker saam luister en toer, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Colosseum | Die historiese landmerk sinoniem met Rome. Die Colosseum is die grootste antieke amfiteater en was meestal bekend vir gladiator gevegte in antieke tye.
Pantheon | Die Pantheon is ‘n voormalige Romeinse tempel wat gebou is tydens Keiser Augustus se tyd. Dit het later ‘n Rooms-Katolieke kerk geword en is die rusplek van bekende kunstenaars soos Raphael onder andere. Vir argitekte is dit ook bekend as ‘n voorbeeld van die ‘rotunda’ struktuur wat die koepelkerk vorm.
Romeinse Forum | Die Romeinse Forum is ‘n argeologiese gebied in die middel van Rome. In antieke tye was dit ook die middelpunt van die stad waar alles van markies tot verkiesings dit ‘n wemelende bymekaarkomplek gemaak het.
Spanish Steps | Die poskaart oomblik van Rome waar 135 trappies loop tot by die Trinità dei Monti kerk. Hierdie monument is ‘n móét besoek.
Trevifontein | Die Trevifontein (Fontana di Trevi) is die grootste en bekendste fontein in Rome. Dit is ontwerp deur die Italiaanse argitek Nicola Salvi en voltooi deur Giuseppe Pannini in 1762.
Palatine Hill | In verhouding met die ‘sewe heuwels van Rome’ is Palentine Hill die middelste een. Dit is ook een van die oudste dele van die stad met klomp ruïnes en elemente van antieke Rome wat dit 'n goeie plek maak om 'n staptoer te begin.
Vatikaanstad | Die Vatikaanstad is nie net ‘n onafhanklike staat binne Rome nie, maar ook die kleinste land ter wêreld. Dit is die tuiste van die Pous en die hoofkwartier van die Rooms-Katolieke kerk.
Trastevere | 'n Boheemse buurt met lekker restaurante en kafees.
Tiber rivier | Die tweede langste rivier in Italië wat deur Rome loop.
Cacio e pepe | ‘n Eenvoudige pasta met kaas en peper wat nie onderskat moet word nie.
Carbonara | Die wêreldbekende pasta wat nie misgekyk moet word nie. Dit word tradisioneel gemaak met spek, eier en pecorino romano.
Carciofi alla giudia | ‘n Heerlike dis van gebraaide artisjok wat ‘n oorsprong uit die Joodse gemeenskap in Rome het.
Fiori di zucca fritti | Nog ‘n lekker olierige dis van gebraaide courgette wat met ricotta gevul word.
Parmigiana di melanzane | ‘n Tradisionele Italiaanse dis wat bestaan uit lae eiervrug wat gebak is in ‘n smullende kaas en tamatie sous.
Ragù | Wees ‘n bietjie wild en verruil jou bolognese vir ragù as jy in Rome is. ‘n Soortgelyke vleissous maar wat met pappardelle of tagliatelle eerder as spaghetti bedien word.
IL Sorpasso | 'n Tradisionele Italiaanse restaurant in die Prati buurt. Dit is die plek waar die kelner vir Almeri klomp lekker tips op ‘n papier tafeldoek geskryf het.
Piatto Romano | ‘n Tradisonele trattoria in die Testaccio buurt.
Vanda | Nog ‘n wenner van ‘n plek om uit te eet in die boheemse Trastevere buurt.
Aperol Sprits | Die alombekende Italiaanse skemerkelkie wat bestaan uit prosecco, aperol en soda water. Dit word as ‘n apéritif regoor Italië bedien.
Negroni | Vir die Negroni liefhebbers wat nie geweet het waar die oorsprong van hulle oranje gevaar is nie, dit is ook in Italië gebore. Die bekende storie is dat dit vir die eerste keer gemeng is in Florence vir Count Camillo Negroni.
Prosecco | Die perfekte manier om ‘n bietjie Italiaanse vonkel in enige dag te sit.