‘n Hele maand van Die Wêreld aan jou Voete! Vandag gesels ek met Margot Kuhn oor haar geliefde Lissabon — of Lisbon (for the love of transliteration).
Margot neem ons na al haar gunstelinge plekke van toe sy in die Portugeese hoofstad gewoon het. Ons dek alles van waar om tram 28 te vang tot waar om die beste pastel de nata te kry in hierdie episode — so sit terug, ontspan en laat Lissabon jou wegvoer.
Alfama | Die oudste buurt in Lissabon gevul met karakter, geskiedenis en tradisionele restaurante.
Castelo de São Jorge | Die groot kasteel in Lissabon en ‘n goeie baken in die stad. Dit is gebou op die hoogste heuwel en kyk uit op die Alfama area.
Bairro Alto | Nóg ‘n lekker area om te verken. Bietjie minder histories en meer boheems met klomp kafees en kuierplekke.
Tram 28
| Die ikoniese geel tram 28 is een van die bekendste besienswaardighede van Lissabon en roete loop dwars deur die historiese centrum van die stad. Klim op hom by Praça Martim Moniz.
Belém
| ‘n Buurt net buite die middestad lands die Tagus rivier.
Jerónimos | ‘n Bekende klooster in Belém met baie mooi argiktektuur. Stapafstand van Pastéis de Belém so ‘n perfekte kombinasie vir ‘n dag uitstappie.
Bica
Tram | Nóg ‘n lekker tram roete. Rua da Bica is self ‘n dun, styl straat wat die besige Bairro Alto verbind aan die boheemse Cais do Sodré.
Museu Nacional do Azulejo | Die bekende teël musuem wat die beste van Portugeese keramiek kuns wys.
Pasteis de Nata | Kort hulle eers ‘n definisie? Die onweerstaanbare, vla tertjies sinoniem aan Portugal wat die hele wêreld al betower het.
Pastéis de Belém | Stop hier om die oorspronklike pasteis de nata resep te probeer.
Castro | ‘n Bekende pasteis de nata bakkery met verskeie takke in die stad. Ook bekend as die Atelier de Pastéis. Manteigaria | Ook bekend as Fábrica de Pasteis de Nata.
Bica | Die klassieke koffie om te bestel in Portugal wat amper soos ‘n espresso is.
Tasca | Die naam vir ‘n tradisionele Portugeese restaurant.
Fado | Fado is ‘n musiek genre wat begin het in die 1800’s in Lisbon en bekend is vir tragiese lirieke.
Uma | ‘n Tradisionele Portugeese seekos restaurant bekend vir hulle Arroz de marisco — amper soos ‘n paella of seekos rissotto.
Sardinhas Assadas | Gebraaide sardientjies wat ‘n tradisionele gereg is in Portugal veral in die somer.
Bacalhau | Verbeel bokkoms — maar maak dit Portugees. Bacalhau is gedroogde kabeljou en ‘n móét probeer in Portugal.
Dourada Grelhada | Geroosterde vis (gewooonlik seebrasem) gereg wat gewoonlike bedien word met aartappels.
Mercado Oriental | Ons het belowe — hierdie is die Asiatiese markie waarby ons albei al heerlik geëet het.
Lekker geluister? Volg ons op Spotify en Apple Podcasts vir meer ⬇️