Llewellyn Barnes het van 'n baie jong ouderdom af met die harde kant van die lewe te doen gekry. Hy was 10 jaar oud toe sy pa sterf, sy ma - 'n huishulp - het gesukkel om hom, sy broer en susters op haar eie groot te maak. Hy het hom later tussen 'n groep hawelose mense op Zwartkops bevind, en dit is waar sy liefde vir gholf opgevlam het. Hy het vir professionele spelers begin sak dra, en verlede jaar het hy, sonder dat hy gekwalifeer het, aan sy eerste gholftoernooi deelgeneem. Jacqui January het by hom op die gholfbaan gaan kuier.