Op 23 Januarie 2015 is Haidee Muller-Isaacs se storie uitgesaai oor Martin Abrahams, die singende motorwerktuigkundige van Ashton.
Die afgelope vyf jaar het Martin en sy vrou, Annum, diep in Haidee se hart ingekruip. Martin het Haidee-hulle al te hulp gesnel toe hulle motor naby Montagu probleme gegee het - alles kosteloos, want dis net hoe hy was. Hy het graag gesing by troues, insluitend dié van sy eie kinders. En ook graag hand uitgesteek om sy gemeenskap te help. ‘n Man met ‘n groot hart. Op 5 Januarie vanjaar is Martin oorlede weens komplikasies van Covid-19. Haidee het in die argiewe gekrap om sy storie weer aan jou te bring. Rus in Vrede, Martin Abrahams, en sterkte aan sy geliefdes.