Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.
January 25, 2021Chansia HartzenbergChansia Hartzenberg vertel vir Martelize Brink hoe haar deursettingsvermoë en haar kolegas by Math Moms haar selfvertroue gegee het om matriek klaar te maak en by opvoeding betrokke te raak....more9minPlay
January 25, 2021PlantverbeteringRachel Kriel vertel vir Martelize Brink van die rol wat PlantSA speel in plantverbetering....more12minPlay
January 22, 2021Weet jy wat kampeer-etiket is?Noudat al hoe meer Suid-Afrikaners te midde van die pandemie-inperkings begin kampeer, kom daar ook al hoe meer klagtes oor kampeerders wat hulle nie aan kamp-etiket steur nie. Mariska Spoormaker wou by Eben Grobler, bekend as die Baai se Meneer Buitelug, weet of daar iets is soos kamp-etiket....more12minPlay
January 22, 2021Nie-alkoholiese drankiesJohannes le Roux gesels met Martelize Brink oor die gewildheid van nie-alkoholiese drankies....more7minPlay
January 22, 2021Energiedoeltreffende geboueBarry Bredenkamp gesels met Martelize Brink oor die energiedoeltreffendheid van geboue en 'n energieprestasie-sertifikaat wat binnekort in geboue vertoon moet word....more13minPlay
January 21, 2021Die koeksistermanArno Arpin is die man met die groot sonhoed en kortbroek wat jy gereeld in die Goodwoodgebied in die Kaap by verkeerskrusings op en af sien stap met ‘n hele klomp pakkies koeksisters in die hand. Hy maak die koeksisters self. Sy koeksister-storie is al op ‘n internasionale kosprogram gewys. Haidee Muller het 'n soet dingetjie gaan soek....more10minPlay
January 21, 2021Huldeblyk aan Margot LuytDie bekende SAUK drama-regisseur en aktrise Margot Luyt, is op 20 Januarie 2021 op 73-jarige ouderdom oorlede. Luyt het die afgelope paar jaar aan Parkinson se siekte gelei en het in ‘n aftree-oord in Durbanville, Kaapstad gewoon. Volgens haar familie is Luyt Vrydag in die Karel Bremer-hospitaal opgeneem. Sy was veral bekend vir haar oorklankingswerk en jarelange bydrae tot drama by RSG. Sy het verskeie toekennings ontvang, wat insluit Artes-toekennings en ATKV-Veertjies. Sy het ook ‘n eretoekenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Johan Rademan het hierdie huldeblyk saamgestel....more9minPlay
January 21, 2021Restaurante sukkel tydens inperkingRené Botha en Nicolette Fouché vertel vir Johan Rademan van die moeilike tyd wat restaurante beleef met die inperking, en baie se besluit om eerder tydelik toe te maak....more14minPlay
January 20, 2021Watter masker is die regte een? - Deel 2Adine Gericke gee vir Martelize Brink raad oor maskers. Watter een is die beste? Hoe versorg ek my masker?...more15minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.