Chris Spies kom uit Cradock se wêreld, en het op Oudtshoorn grootgeword. Hy was predikant in Burgersdorp in die jare tagtig. Hy noem dit sy eintlike universiteit. Tien jaar lank het hy daar probeer brûe bou tussen gemeenskappe, maar het gou besef dis nie altyd so maklik nie. Later word hy die streekorganiseerder van die Wes-Kaapse Vredeskomitee van 1992 tot 1994. Hy vertel vir Haidee Muller van daardie tyd se harde gesprekke, en wat hy vandag in Afrikalande doen.