Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Driesestig
    Marinebioloog en koraalspesialis Krish Lewis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van koraalaanplantings wat deesdae 'n vakansie-aktiwiteit is.
    11 min
  • Driesestig
    Arthur Underhay, Anton Botha en Morne Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die SA Junior Toutrekkampioenskap. Met 308 spanne is dit die grootste toutrekbyeenkoms ter wêreld.
    14 min
  • Driesestig
    Jacqui January hoor by 'n dokter hoe medici die Coronavirushisterie ervaar, en hoe mens dit moet hanteer.
    8 min
  • Driesestig
    Hoe gemaak as jy werkloos is en in 'n shack bly, jou ouers vroeg verloor het, 'n diep draai in 'n skadelike lewensstyl gemaak het, en die lewe hard is? Jy hardloop. Wedloop na wedloop. Doen werkies hier en daar vir 'n inskrywingsfooi. Só klop Donovan op 'n dag aan Chris Spies se deur en sê hy wil die Comrades hardloop. Om 'n lang storie kort te maak: Donovan (37 jaar oud) voltooi sy eerste Comrades in 2019 in 'n rapsie oor die 8 ure. Dis 'n fenominale tyd wat almal verstom het. Hy wil dit vanjaar weer hardloop.
    9 min
  • Driesestig
    Dieetkundige en oefeningfisioloog Gabriel Eksteen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink aan die begin van soutbewusmakingsweek.
    14 min
  • Driesestig
    Cobus Theron vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy ervaring toe die Suid-Afrikaanse avontuurfietsryspan die BMW GS Trofee in Nieu-Seeland verower het.
    10 min
  • Driesestig
    Hierdie is die storie van die Van den Heever-egpaar wat 38 jaar gelede hulle eerste Volkskwagen-kewer gekoop, en toe versamelkoors gekry het. Mariska Spoormaker het by hulle op Uitenhage gana kuier, en op 'n agterjaart vol kombi's, kewers en 'n paar Karmann Ghias afgekom. Chris van den Heever vertel hoe hy en sy vrou, Sanita, dit reggekry het.
    10 min
  • Driesestig
    Die onmiddellike droogteprobleme in Suid-Afrika wat dringende aandag verg, is die wat die land se boere raak, nie die wat munisipale watervoorsiening beïnvloed nie. So sê 'n wêreldkenner op die gebied van waterbestuur en -beplanning, prof. Mike Muller. Lizma van Zyl, gesels met prof. Muller oor die noodsaaklikheid van veel beter waterbeplanning en -bestuur in Suid-Afrika.
    8 min
  • Driesestig
    Hermien van der Merwe vertel vir Johan Rademan hoe jy te werk gaan om linokuns te maak.
    12 min
  • Driesestig
    Carina Bruwer vertel vir Johan Rademan van haar ervaring toe sy die eerste vrou geword het wat oor Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth geswem het.
    18 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.