Dr. Martine Jordaan is 'n akwa-wetenskaplike verbonde aan Cape Nature in Jonkershoek. Sy strewe altyd na die perfekte balans tussen die landboubedryf en bewaring, en moedig die samewerking tussen die verskeie sektore aan. Dr. Jordaan is ook een van die deelnemrs in Carlos van die Rooiberg, 'n dokumentere program oor 'n Afrikaansprekende Portugees wat die aarde omgedolf het in Afrika opsoek na diamante, maar nou bewaring deur benutting hoog aanslaan.