Tanya O'Connor het 'n paar jaar gelede die eerste inkleurboek vir volwassenes geteken. In weerwil van 'n rits terugslae in die lewe, verkies sy positiwiteit. Haar destydse blog, HELLO LEWE, het 'n gelyknamige boek geword waarin sy mense met haar stories inspireer. Haidee Muller gesels met haar oor die kind wat sy op 43 gehad het, hoe sy haar seuntjie motiveer, en hoe sy staande bly nadat sy vele geliefdes aan die dood afgestaan het.