Koolstofdioksiedvrystellings moet binne die volgende elf jaar met 45% verlaag word as 'n ramp afgeweer wil word. So sê klimaatsverandering-deskundige, prof. Francois Engelbrecht. Lizma van Zyl praat in die eerste van twee programme met hom oor die bevindings van hulle interregeringspaneel-verslag, veral wat vir suidelike Afrika voorlê, gegewe die verwagte skerp temperatuurstygings oor die volgende paar dekades.