Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
September 10, 2025Sanja se driekamp vir weeskindersSanja Steyn gaan ten bate van Race4Grace aan die Xterra Driekamp-wêreldkampioenskap in Italië deelneem om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendelinge was. Toe Haidee Muller-Isaacs verlede jaar met haar gesels het, was al hierdie dinge nog net drome. Nou is sy uiteindelik op pad!...more9minPlay
September 10, 2025Geskiedenis van die polkadotDr. Mandie Uys praat oor die geskiedenis van die polkadotpatroon. Oorspronklik is dit met siekte en dood geassosieer....more6minPlay
September 10, 2025"To Nice" word toe kaartjies na TunisTwee Amerikaners was op pad na Nice in Frankryk. Toe daar gevra word waarheen hulle wil vlieg, antwoord hulle “to Nice”, maar toe bevind hulle hulle op ‘n vlug na Tunis in Tunisië!...more2minPlay
September 09, 2025Baviaanskloof-kommune kry Klip KafeeMet die draai van die eeu het die rekenaar-Y2K-vrese baie mense landelike verblyf, weg van enige water- of kragnetwerk, laat opsoek. Só het die gemeenskapsplaas Tchnuganoo in die Baviaanskloof tot stand gekom. Noudat Trevor Philander ook daarby ingekoop en met sy gesin daarheen verhuis het, spog Tchnuganoo met bobbejaanbestande groentetuine, roofdierbestande hoenderhokke én die Klip Kafee....more7minPlay
September 09, 2025Êrens oorsee 9 September 2025Muller Rothmann vertel van die lewe op Timaru, op die suid-eiland van Nieu-Seeland....more12minPlay
September 09, 2025Buffers belangrik teen hoë ouderdomNá 44 jaar as bestuurshoof van die Algoabaai Raad vir Bejaardes, het Maureen Andreka, ook ‘n opgeleide maatskaplike werker, die volgende raad gegee: Dit is dit belangrik dat 'n mens al van voor jou middeljare ernstige werk maak van jou fisieke-, finsansiële- emosionele- en geestelike gesondheid om jou deur ‘n hoë ouderdom te help dra. Mariska Spoormaker het kort na haar aftrede met Maureen gesels....more8minPlay
September 09, 2025Die hertogin van Kent (1933 - 2025)Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die hertogin van Kent, wat in die ouderdom van 92 oorlede is....more8minPlay
September 09, 2025Sportmotor jaag op snelwegIn die Tsjeggiese Republiek is ‘n bestuurder van ‘n Formule 1 tipe motor vasgetrek. Vir ses jaar het die kar dan en wan op die hoofweg gejaag. Op die ou end is die hulp van ‘n helikopter ingespan vir die arrestasie....more2minPlay
September 08, 2025Parasiete by troeteldiereVeearts dr. Ginelle Vivier praat oor interne parasiete, en ontwurming....more10minPlay
September 08, 2025Tasneem van BonteheuwelHaidee Muller-Isaacs kuier by Tasneem Meyer in Bonteheuwel se kleuterskool, waar sy ook haar papegaai ontmoet wat al in ‘n fliek was. Die papegaai was nie juis daai dag lus om te gesels nie, maar 'n mens hoor hom wel op die agtergrond....more7minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.