Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
September 03, 2025Dwaine se droom word waarHaidee Muller gesels met 'n talentvolle jong sanger van haar tuisdorp, Oudtshoorn, wat in die Kaap in die kunste gaan studeer het. Hy het lank daarvan gedroom om sy talent op 'n verhoog met ander te kan deel, en vandeesweek word daardie droom uiteindelik waar. Dwaine Jansen sing sy hart uit in die musiekblyspel, Jacques Brel is Alive and Well and Living in Paris, by die Kunstekaap. Dit word aangebied deur Northlink College onder die regie van Niël Rademan....more9minPlay
September 03, 2025Kaapstad FotografiefeesHeidi Erdmann prtaat oor erfenis wat vasgevang word in fotografie. Die Kaapstad Fotografiefees wys mense se ervarings. Foto’s is ‘n manier om oor identiteit, geheue en plek te besin....more10minPlay
September 03, 2025$150 per brander!In Abu Dhabi is daar ‘n plek waar jy die langste kunsmatige brander in die wêreld kan ry. Daardie 690 m-lange brander ry jy vir sowat ‘n minuut lank, en betaal $150 per brander....more1minPlay
September 02, 2025Êrens oorsee 2 September 2025Anné Nieuwoudt vertel vir Martelize Brink in van die lewe in Phuket, Thailand....more11minPlay
September 02, 2025Eerste blinde Kaapse WynmeesterJacques Lombard is na ons wete die enigste blinde persoon ter wêreld wat as Kaapse Wynmeester gekwalifiseerd is. Johan Rademan het met hom gesels ná dié akademiese prestasie wat hy vanjaar ontvang het, en sommer met die intrapslag by hom gehoor waar hy grootgeword het en waarom hy sy sig verloor het....more8minPlay
September 02, 2025Fees van rooikoppeDie afgelope naweek het Tilburg in Nederland hulle jaarlikse fees vir mense met natuurlike rooi hare gehou....more2minPlay
September 01, 2025KatverslankingVeearts dr. Elizna Boag vertel van ‘n dieet om katte volhoubaar te laat verslank....more9minPlay
September 01, 2025Huldeblyk aan Dawie BothaChris Hattingh doen ‘n huldeblyk aan Dawie Botha, wat onder andere driesestig se spesialisgas was vir die reeks, So is die land gebou....more6minPlay
September 01, 2025Merle se liefde vir tuinbouHaidee Muller-Isaacs se pad het op Goedverwacht met dié van Merle Dietrich gekruis. Merle vertel van haar liefde vir tuinbou, en dat sy tog op die ou end daai BComm-graad van haar gebruik, selfs al werk sy nie in die korporatiewe wêreld waar almal dink sy behoort te wees nie....more9minPlay
September 01, 2025Hoe het julle ontmoet? 1 September 2025Cathy van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe sy en Jan bymekaar uitgekom het. Op 3 September 2025 is hulle 70 jaar getroud!...more5minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.