Baie mense glo dat Suid-Afrika op ‘n glybaan na ‘n Zimbabwe scenerio is. Daar bestaan beslis ooreenkomste tussen die twee lande en hul regerende partye. Maar hoe akkuraat is hierdie vergelyking? In hierdie episode bespreek ek die 30 verskille tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, wat in Flip Buys se 2019 boek, Die Pad na Selfbestuur, uiteengesit word.