Ek en Dr. Wikus Buys het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor die oorgangstydperk wat beide Suid-Afrika en Orania tans ervaar, die "Afrikanergevaar" en "Oranje Gevaar", aan wie behoort die toekoms, hoe Afrikaners ons lot in ons eie hande kan en mag neem, Afrikaner-identiteit, demografiese realiteite, en meer. Verskoon as my stem bietjie vreemd klink op tye, ons moes die klankkwaliteit deur middel van sagteware verbeter.