Die voormalige Amerikaaanse president, Ronald Reagan, het gesê: “Vrede is nie die afwesigheid van konflik nie, maar die vermoë om konflik op vredevolle maniere te hanteer.” Mooi woorde, maar werk dit altyd so in die praktyk? Hoe kan ek die konflik en spanning in my alledaagse verhoudings hanteer?