Dit lyk of dit al hoe moeiliker is vir Suid-Afrikaners om finansieël kop bo water te hou. Kos, klere, huisvesting, elektrisiteit, water, rentes, brandstof – alles word duurder, maar salarisse (vir die wat werk het) styg nie dienooreenkomstig nie. Vir baie voel dit soos om al dieper in 'n donker gat in te val. Hoe oorleef ek in sulke tye?