Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.... more
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.
February 28, 2016Fiks vir die lewe 28 Februarie 2016“Ek hou nie van jou houding nie,” sê mense dikwels vir mekaar wanneer daar oor 'n saak geargumenteer word. Gewoonlik is dit wanneer die een meen dat die ander 'n konfronterende houding inneem en nie wil toegee nie. Hoe ontstaan 'n houding (attitude) by mense, en hoe goed of sleg is dit?...more38minPlay
February 21, 2016Fiks vir die lewe 21 Februarie 2016Teleurstellings is deel van elke mens se lewe. Miskien oor 'n huwelik wat nie uitwerk nie, of 'n eksamen wat gedruip is, of verwagtings van 'n regering wat nie realiseer nie, of dalk oor 'n pos by die werk wat nie na my kant toe kom nie. Hoe hanteer ek sulke teleurstellings?...more34minPlay
February 14, 2016Fiks vir die lewe 14 Februarie 2016Op Valentynsdag gee verliefdes gewoonlik vir mekaar 'n geskenk met 'n hartjie daarop, om te sê dat daar iemand is wat aan die ander een dink. Maar hoe gemaak as jy alleen is op die dag van liefde, sonder een wat jou lief het?...more36minPlay
February 07, 2016Fiks vir die lewe 7 Februarie 2016Die een ding waarvan 'n mens nie kan wegkom nie, is jou verlede. Hoe maak jy vrede met, veral slegte dinge, wat met jou gebeur het en die dinge waarvan jyself dalk die oorsaak was?...more37minPlay
January 31, 2016Fiks vir die lewe 31 Januarie 2016Iemand het eenkeer gesê: “Jy het nie krag vir more nie, want jy lewe vandag – en daarvoor het jy krag. Leef dan een dag op 'n keer. Môre doen jy dieselfde.” Die vraag bly net: hoe leef ek so elke dag in die lig van hartseer, bedreigings, onsekerhede, eensaamheid en vrees?...more37minPlay
January 24, 2016Fiks vir die lewe 24 Januarie 2016Suid-Afrikaners word deesdae ernstig beproef deur die droogte, stygende rentekoerse, geld wat minder werd is, student-opstande, politieke onstabiliteit, en nog meer. Al hierdie dinge spel een ding: STRES. Hoe hanteer ons dit?...more35minPlay
January 17, 2016Fiks vir die lewe 17 Januarie 2016Dit gons behoorlik die afgelope tyd oor die vlaag sogenaamde rassistiese uitsprake deur individue. Daar word met hofsake en tronkstraf gedreig. Waarom is daar steeds – na 21 jaar die nuwe Suid-Afrika in – rassistiese opmerkings teenoor mense van ander kultuurgroepe as die waaraan jy behoort?...more36minPlay
January 10, 2016Fiks vir die lewe 10 Januarie 2016Niemand trou met die gedagte om te skei nie. Tog is egskeiding 'n hartseer werklikheid. Hoe beïnvloed 'n egskeiding mense se verskillende verhoudings en – hoe kan twee geskeides 'n nuwe romantiese verhouding hanteer? Phil Loots en sy gas, dr. Gustav Gous, gesels hieroor....more34minPlay
January 03, 2016Fiks vir die lewe 3 Januarie 2016Volgens die Bybel moet 'n mens uit die geloof leef. Maar hoe nou gemaak wanneer daar wetenskaplike ontdekkings en aansprake kom wat skynbaar met 'n Christen se geloof in stryd is? Hoe moontlik is dit om geloof en wetenskap met mekaar te versoen – of moet daar 'n keuse vir die een of die ander gemaak word?...more33minPlay
December 27, 2015Fiks vir die lewe 27 Desember 2015Met elke nuwejaar is daar mense wat sê dat hulle 'n nuwe blaadjie gaan omslaan. Hierdie voornemens verdwyn egter dikwels nog voordat daar iets van gekom het. Die nuwejaar is op ons en die vraag is: hoe beplan 'n mens sinvol aan jou toekoms?...more37minPlay
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.