Daar gaan bykans nie 'n week om nie, of die media berig oor die tragiese gebeure van jongmense wat hulle eie lewe neem. Wat gee aanleiding tot hierdie selfdood, en hoe hanteer die naasbestaandes dit? Die gaste is dr. Gustav Gous, dr. Rodney Seale, en Daan Mostert, 'n ouer wat uit eie ervaring saamgesels.