Dit is daardie tyd van die jaar wat die verlange na geliefdes wat nie meer daar is nie die ergste gevoel word. In Geestesgesondheid gaan Christelle Webb-Joubert vir luisteraars die geleentheid gee om te deel wat dit vir hulle makliker maak om deur die tyd van die jaar te kom.
Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Andre Botha van Coram Deo. Daar is nuwe navorsing wat toon dat as 'n kind op 'n jong ouderdom aan spiritualiteit blootgestel word, dit geestesgesondheidstoestande in die later jare verminder of selfs voorkom.
Christelle Webb-Joubert gesels met maatskaplike werker Jeanne van den Bergh oor die 16 dae veldtog teen geweld teen vroue en kinders. Watter trauma beleef die slagoffers werklik?
Renske Jacobs gesels met Susan van Niekerk van die Elimkliniek oor probleemsituasies wat mense se lewenskwaliteit verlaag, soos depressie, afhanklikheid en familieverhoudings.
Christelle Webb-Joubert gesels met dr. Andre Botha oor verbrokkelde familieverhoudings. Dis byna Kerstyd en tyd vir familie. Hoe belangrik is dit om die verhoudings te herstel?