Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • 13 Aug 2013
    Homoseksualiteit is ‘n onderwerp waaroor baie gepraat en geredineer word, maar wat van die indiwidu wat met al die vrae en stigmas moet worstel? Louis & Lise gesels oor die moontlike sielkundige toestande wat kan ontwikkel as gevolg van die angs wat iemand kan ervaar wat in die “kas” is. Hulle bespreek ook die belangrike rol van ouers in hierdie situasie.
    46 min
  • 6 Aug 2013
    Louis en Lise gesels oor die emosionele uitwerking wat ‘n miskraam of infertiliteit op ‘n vrou en haar gesin kan hê. Hulle gesels met Martelize van der Linde wat deur twee onsuksesvolle swangerskappe gegaan het, nooit kinders van haar eie kon kry nie en in die proses amper haar lewe verloor het.
    46 min
  • 30 Jul 2013
    Drink jy graag ‘n drankie na werk? Kan jy voel hoe jou lyf daarna smag? Sê mense gereeld vir jou jy drink te veel? Is jy bang jy, of jou geliefde, is dalk ‘n alkoholis? Louis en Lise vertel jou hoe jy jou lewe weer kan terugneem.
    46 min
  • 23 Jul 2013
    Wat is Bi-polêre Gemoedsversteuring? Hoe kry ‘n mens dit? Hoe kan ‘n mens daarmee saamleef? Elsabe Britz, wat al jare lank met hierdie toestand saamleef, deel haar verhaal.
    46 min
  • 16 Jul 2013
    Vir baie ouers is ‘n tiener ‘n spesie op hulle eie. Meeste van die tyd praat hulle ‘n onverstaanbare taal. Hulle verander daagliks en mens weet nooit wat om volgende te verwag nie. Cornel van der Merwe, ‘n kliniese sielkundige van die Paarl vertel hoe jy en jou tiener weer dieselfde taal kan praat.
    46 min
  • 9 Jul 2013
    Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
    46 min
  • 2 Jul 2013
    Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
    46 min
  • 25 Jun 2013
    Hoewel die voorkoms van selfdood in Suid-Afrika baie hoog is, bly dit ‘n duistere onderwerp vir die meeste mense. Wat veroorsaak dit? Hoe beweeg ‘n mens aan nadat ‘n geliefde hulle lewe geneem het? Die bekende skrywer en joernalis, Jeanne Els, deel haar eie selfdoodpoging met ons en hoe sy geveg het om uit die donkerte van depressie te kom. Niemand kan ooit met sekerheid sê hoekom iemand hulle lewe beeїndig het nie, maar ons kan deur Jeanne se storie dit dalk beter verstaan.
    46 min
  • 17 Jun 2013
    Het jy ‘n hol kol op die maag? Slaap jy slegter as gewoonlik? Is jy die heeltyd bekommerd? Hierdie simptome mag dalk Algemene Angs wees. Dit is ‘n diagnoseerbare toestand wat jou lewe erg kan beїnvloed sonder dat jy dit besef. Ons ontmoet André en sy vrou van 37 jaar, Erna. André is 20 jaar gelede medies ongeskik verklaar as gevolg van Algemene Angs.
    46 min
  • 11 Jun 2013
    Louis en Lise stel jou voor aan Christelle Bekker. Sy is ‘n wonderlike voorbeeld van iemand wat die lang pad saam met Major Depressie suksesvol stap. Depressie is die siekte van ons tyd, maar steeds verstaan mense nie die belang van behandeling nie. Enige iemand kan met kennis en selfinsig leer om ‘n vol en ryk lewe saam met depressie te leef en Christelle sal jou inspireer om die nodige stappe te doen.
    46 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.