Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.
June 21, 2023Gesondheid 21 Junie 2023Het jy geweet dat indien retinale loslating nie onmiddellik en as ’n noodgeval behandel word nie, jy alle sig in die aangetaste oog kan verloor. Ook kan diabetiese retinopatie en makulêre degenerasie tot blindheid lei. Dié drie oogprobleme word bespreek....more22minPlay
June 14, 2023Gesondheid 14 Junie 2023Manlike onvrugbaarheid weens die gebruik van anaboliese steroïede, is een van die moeilikste probleme om te behandel. Hoërskool-rugbyspelers en ander sportmanne wat anaboliese steroïede gebruik, besef dikwels nie dat dié middels hulle planne om eendag pa te word, kan pootjie nie....more26minPlay
June 07, 2023Gesondheid 7 Junie 2023Berg Everest het hierdie seisoen reeds meer lewens geëis as enige ander jaar. Hoekom is die doodsone so gevaarlik? Hoe werk hoogtesiekte?...more26minPlay
May 31, 2023Gesondheid 31 Mei 2023Die jongste inligting oor ova-bevriesing, embrioseleksie, polisistiese ovariële sindroom, endometriose, histerektomies en die kunsmatige stop van menstruasie in jong meisies en vroue, word bespreek....more26minPlay
May 24, 2023Gesondheid 24 Mei 2023Het jy geweet dat die kans op swangerskap met gevriesde ova en embrios net so goed is as met vars ova en embrios? En dat ‘n 45-jarige vrou se kans op swangerskap beter is met haar gevriesde ova wat 15 jaar vantevore gevries is as met haar vars ova? Ons kyk na die vooruitgang in embriobevriesing en embrioseleksie om kans op swangerskap maksimaal te maak....more27minPlay
May 17, 2023Gesondheid 17 Mei 2023Het jy geweet dat geen mens te oud is om baat te vind by osteoporose-behandeling nie? Of dat as ’n ouer mens ná ’n klein val ’n beenbreuk opdoen, dit klaar ’n diagnose van osteoporose beteken, en dat dié pasiënt beslis evauleer moet word vir osteoporose-behandeling. Tog laat ortopede en algemene praktisyns in 80% van gevalle na om dié pasiënt se osteoporose te behandel om verdere beenbreuke te voorkom....more28minPlay
May 10, 2023Gesondheid 10 Mei 2023Osteoporose is ’n kindersiekte wat in jou latere jare sigbaar word, sê ’n spesialis. Hoe werk dit dat dinge wat jy in jou tienerjare doen, jou in so kan inhaal as jy ouer is?...more27minPlay
May 03, 2023Gesondheid 3 Mei 2023Die nuutste ablasie-tegnologie om atriale fibrillasie te behandel, antistolmiddels en die ChadsVasc Score word alles ingespan om jou brein teen beroerte te beskerm. Vind uit wat is die jongste verwikkelings, hoe werk die tegnologie en werk dan jou eie risiko-puntetelling uit....more29minPlay
April 25, 2023Gesondheid 26 April 2023Behandeling van atriale fibrillasie, ’n algemene hartritme-defek wat tot beroertes en hartversaking kan lei, gaan vinnig vooruit. Nuwe tegnologie is nou vinniger en veiliger as voorheen. Dit veroorsaak ook dat hittetegnologie nie meer in die behandeling van nuwe pasiënte met AF gebruik behoort te word nie....more26minPlay
April 19, 2023Gesondheid 19 April 2023Ystertekorte in tienermeisies, swanger vroue en mense met hartversaking is baie algemeen, maar moet met baie groter sorg en bewustheid gediagnoseer en behandel word as jy skade aan jou eie brein, die ongebore baba en die reeds verswakte hart van mense in hartversaking wil voorkom. Dokters moet ook meer aandag aan die diagnosering van ystertekorte gee. Ysteroorlading en die gebruik van EPO (Lance Armstrong se prestasiemiddel) word ook bespreek....more25minPlay
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.