Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.
February 16, 2022Gesondheid 16 Februarie 2022Kan ’n knopiespinnekop se byt jou dood veroorsaak? Hoe gevaarlik is ’n selonsroos en siringa-bessies werklik? Hoe weet mens die skerpioen wat jou bygedam het, is giftig? Moet jy slangteengif by jou dra wanneer jy veld toe gaan? Mari Hudson praat met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer....more24minPlay
February 09, 2022Gesondheid 9 Februarie 2022Waarom is dokters so besorg oor parasetamol-oordosisse? Kan ysterpille gevaarlik wees vir kinders? Wat van anti-allergiese middels? Sal ’n kind oorleef as hy ’n halwe teelepel Two-Step ingekry het? Mari Hudson gesels met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer....more24minPlay
February 02, 2022Gesondheid 2 Februarie 2022Help hiperbariese suurstofterapie vir Covid-pasiënte? En vir diabete se wondgenesing, of vir bestralingspasiënte? Hoe verskil dié behandeling van osoon en peroksied? Mari Hudson praat met ’n spesialis in lugvaart- en duikgeneeskunde en kundige in die gebruik van hiperbariese suurstofbehandeling om antwoorde op dié vrae te vind....more27minPlay
January 26, 2022Gesondheid 26 Januarie 2022Hoe suksesvol is laerrug-operasies? Wat van nuwer tegnieke? Kan jy self iets doen om jou rug te versterk? Mari Hudson gesels met ’n neurochirurg oor laerrug-probleme en -operasies....more24minPlay
January 19, 2022Gesondheid 19 Januarie 2022Vier uit elke vyf mense ondervind die een of ander tyd in hulle lewe pyn in die laer dele van hulle rug. Wat is die oorsake? Wat is die rooi vlae wat verder ondersoek moet word? Wanneer is ’n rugoperasie die beste opsie? Mari Hudson praat met ’n neurochirurg om antwoorde op dié vrae te vind....more27minPlay
January 12, 2022Gesondheid 12 Januarie 2022Wat behels die inflammatoriese reaksie – daardie reaksie wat deels verantwoordelik is vir Covid-simptome en die goor gevoel wat sommiges ervaar ná hulle die entstof ontvang het? Waar pas antiliggame, antigene, T-limfosiete en sitokiene in? Mari Hudson praat met ’n mediese biochemikus en ’n immunoloog om beter te verstaan....more26minPlay
January 05, 2022Gesondheid 5 Januarie 2022Die nuwe jaar se hartklop is nog vars. Weet jy wat die lub-dub klanke van jou eie hartklop veroorsaak? Hoekom klop ’n baba se hart vinniger as ‘n grootmens s’n? Hoe klink ’n lekkende hartklep? Wat kan ’n dokter vasstel as hy met ’n stetoskoop na ’n baba se hart luister? Mari Hudson praat met ’n pediatriese kardioloog wat verduidelik hoe hartklanke klink en werk....more23minPlay
December 29, 2021Gesondheid 29 Desember 2021Covid het ons sterflikheid onder ons aandag gebring. Hoe lyk die paadjie van iemand met ’n terminale siekte tot die einde? Wie is die dokters wat probeer help om dié pasiënte so pynvry en gemaklik te maak? Wanneer moet die proses van palliatiewe sorg begin? Mari Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor sorg wat nie genees nie, maar ewe belangrik is....more26minPlay
December 22, 2021Gesondheid 22 Desember 2021Waar is die gewone virusse heen tydens die Covid-inperkings? Moet ouers besorg wees oor koorskonvulsies of -stuiptrekkings? En waarom parasetamol en nie aspiriene vir babas en kleuters met koors nie? Mari Hudson praat ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters....more25minPlay
December 15, 2021Gesondheid 15 Desember 2021Sal die vierde (Omikron) golf lank en uitgerek wees soos die Delta-golf? Of sal getalle net so vinnig afneem as wat dit toeneem? Sal ons waakeenhede weer oorloop? ’n Dataontleder vertolk die beskikbare data. Mari Hudson gesels ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters....more25minPlay
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.