Nierversaking kan met ’n nuwe middel vertraag word, vertel ’n nefroloog. Ons kyk ook na die effek van Covid op pasiënte met nierversaking, en dat tot 85% van staatspasiënte met nierversaking geen plek kry op beperkte dialise-lyste is nie. Mari Hudson praat met ‘n nefroloog in die laaste van twee aflewerings oor nierversaking, die siekte wat jou so stilweg kan bekruip, en dikwels so laat opgespoor word dat slegs dialise en ’n nieroorplanting jou lewe kan red.