Data uit Engeland en ander lande wys al duideliker hoe groot verskil die Covid-entstof aan hospitalisasie, ernstige siekte en sterftes maak, en dat dit baie veilig is. Hoewel mense steeds Covid kan kry, is die sterftekoers dramaties laer. Ons kyk na die doeltreffendheid van die verskillende entstowwe teen die verskillende variante.